Kerk en volk uit die hoek van moderne samelewíngsteologieë - PDF

Description
Kerk en volk uit die hoek van moderne samelewíngsteologieë J P Labuschagne Universiteit van Pretoria Abstract Church and nation from the viewpoint of modem social theologies The essay reflects on the possibilities

Please download to get full document.

View again

of 15
All materials on our website are shared by users. If you have any questions about copyright issues, please report us to resolve them. We are always happy to assist you.
Information
Category:

Entertainment & Media

Publish on:

Views: 14 | Pages: 15

Extension: PDF | Download: 0

Share
Transcript
Kerk en volk uit die hoek van moderne samelewíngsteologieë J P Labuschagne Universiteit van Pretoria Abstract Church and nation from the viewpoint of modem social theologies The essay reflects on the possibilities for meaningful communication, on the them es of church and nation, between the viewpoint of modern social theologies on the one hand and that of Christians who emphasise the value of the identity of the nation (Volk ) on the other. 1. IN 1 ID IN G Die onmiddellike toekoms van die Republiek van Suid-Afrika sai, menslik gesproke, tot n groot mate bepaal word deur n positiewe kommunikasie. Of mense met mekaar sal kan praat en mekaar probeer verstaan en respekteer ten opsigte van verskillende waardevoorkeure, is n wesenlike vraag en n aangeleentheid van die uiterste belang. So is daar mense wat in hulle waardebelewing, anders as ander mense, n hoe prem ie plaas op lewensruimte vir die volk en die volkseie en kerk vir die volk. Waar die moderne samelewingsteologiee enorme invloed uitoefen op die ontwikkeling van die samelewing, is die vraag of daar kommunikasie-moontlikhede bestaan tussen hierdie teologieë en die eersgenoemde groep, en wel dan oor die onderwerpe kerk en volk. Die artikel wil hierdie vraag ondersoek en veral fokus op die samelewingsteologieë. Om na die kerk en volk te kyk vanuit die gesigspunt van die hedendaagse samelewingsteologie, vra n kort verduideliking van wat verstaan behoort te word onder die terme samelewingsteologiee, kerk en volk. Referaal gelewer lydcns die Kongrcs van die Kcrkhisloricsc (icnwhskap van die Ncdcrduitsch Hervormde Kerk van Afrika op 20 November HTS (1991) J P Labuschoffte 1.1 Samelewingsteolc^eë Die samelewingsteologieë wat in die tydperk ná die Tweede W êreldoorlog op die voorgrond tree, is veral vir hierdie studie van belang. Hierdie teologië het n be- paalde ontwikkelingsgang gehad, en kan byvoorbeeld onderskei word vanaf aan- vanklik die Teologie van die Hoop en daarna die Teologie van Revolusie tot by vandag se Teologie van Bevryding en Swart Teologie. Die samelewingsteologiee word gekenmerk deur hulle allesoorheersende belangstelling in die samelewing. In hulle keuse vir die verbetering van die lot van die armes, minderbevoorregtes en ag- tergeblewenes laat die samelewingsteologieë hulle bedien van Marxistiese en neo- Marxistiese maatskappykritiek, en hulle verbind hulle tot revolusionêre aksie (wat geweld en volksopstand kan insluit) om sosiale, politieke en ekonomiese strukture te verander. Die verdieping wat die Teologie van Bevryding in hierdie teologisering bring, is, afgesien van omvangryke verandering van die samelewingstrukture, byko- mend ingestel op ingrypende verandering van die mens self. Liberale invloede in die teologisering bepaal horn slegs by kwantitatiewe her- vorming. Dit is hervorming wat alleen bereid is om n bepaalde kwantiteit materiele middele aan die agtergeblewenes bykomend te bewillig, sonder om die status quo en die toegang tot monopolieë oor rykdomme te versteur. Hoewel die samelewingsteologiee graag gebruik maak van liberale invloede en toegewings om nader aan hulle doelwitte te kom, is die liberalistiese resep uiteindelik vir hulle in die geheel onaan- vaarbaar. Die samelewingsteologiee verwerp kwantitatiewe hervorming en kies vir kwalitatiewe hervorming, dit wil sê ingrypende verandering van die mens en sy samelewing, ten einde die agtergeblewenes op te hef tot die vereiste lewensp eil. W aar M artin Luther in die tyd van die Reformasie gevra het na n genadige God (juridies) in die vertikale verhouding tussen God en mens, daar vra die samele- wing.steologiee vandag na n regverdige God (eties) in die horisontale verhouding tussen mens en mens. Dié teologieë word egter swaar gekompromitteer met ideolo- giese voorkeure. \2 Kerk Saam met die Nederlandse Geloofsbelydenis van 1561 (Art 27-32) en die Heidelbergse Kategismus van 1563 (Sondag 21) word die een heilige en algem ene kerk voorgestel as n liggaam van mense wat die Here Christus self oor die hele wêreld en alle tye, deur sy Gees en Woord, versamel as sy kerk, waarsonder niemand salig sal word nie. Op grond van die kruisgebeure verlos die Here Christus hulle uit hulle sondeverlorenheid waarin hulle geheel magteloos was en bewaar hulle in sy kerk, onder verkondiging van die Woord, sakramentsbediening en tug, in geloofsverbondenheid aan Hom. In hierdie geloof maak Hy hulle deur sy Gees diensbaar aan sy ISSN = HTS 47/3 (1991) 811 Modcrne samelcwiiigstcologicë wil en lei hulle as God se oorwinnaars oor die bose en oor die ganse ryk van hierdie wêreld na God se heeriiice ewige toekoms. Kortiiks is die kerk daardie mense wat in waarheid aan Christus verbonde is, aan alles waarvoor die Here Christus vir hulle daar is. I J Volk In die beskrywing van Volk word die invloed van fiiosowe soos Landmann (1971) en Hessen (1948) hier erken, saam met volkekundiges soos Coertze (1961). Die volk word nie, as n juridiese prinsiep, bloot as al die mense binne die grense van een land veronderstel nie. Fenomenologies-wetenskaplik word n volk as n lewende werklikheid gesien en dan word veel meer en iets baie komplekser aanskou as bloot n oorvereenvoudigde en dooie regsbeginsel, wat ideologiese waarde vir sommige het. n Volk het deel aan n breër biologiese geheel wat erflik-fisies bepaald is. Die breer biologiese identiteit word in algemene terme n ras genoem. (D aar kan ook n indeling van verskillende rasse gemaak word en elke rasgroep kan weer verder onderverdeel word.) n Volk is uiteindelik saam met n bepaalde verskeidenheid van volke deel van een.spesifieke biologiese identiteit (of ras). n Volk het, op basis van hierdie erflik-fisiese bepaaldheid, ook n bepaalde kulturele identiteit. Ras het in totaal te doen met n biologiese identiteit, terwyl volk veral te doen het met n kulturele identiteit. Die biologiese identiteit is deur die natuur gedetermineer. Die mens kies dit dus nie self nie. Die kulturele identiteit is iets wat in vryheid opgeneem word; dit word in die waardebelewing van n bepaalde groep mense opgeneem. Natuurlik kan daar ook ooreenkoms aangetref word onder die kulturele erfenisse van n verskeidenheid van volke en so kan daar byvoorbeeld van die Westerse Beskawing gepraat word; die hele mensdom deel uiteindelik baie dinge met mekaar. Tog bly elke volk nietemin juis in sy eie waardebelewing, in sy kulturele identiteit, uniek homself. Elke volk, soos elke individu, is uniek in onderskeiding van ander. Die gemeenskaplike waardebelewing in die kulturele identiteit van n bepaalde volk is enersyds iets wat lewe en aan die beweeg is en andersyds nogtans die somtotaal van hoe daardie volk sy lewe en sy samelewing as sinvol ervaar. Kulturele identiteit sluit dinge in soos godsdiens, taal, gebruike, modes,.samelewingstrukture (sosiaal, polities, ekonomies), kunsvorme, sport ensovoorts. Die kulturele identiteit van n volk het dus alles te doen met n vir daardie volk sinvolle lewensruimte. Dit bring volk.sgenote in as.sosiasie met mekaar en dit onderskei hulle van ander mense. Dit besit ook n konflikpotensiaal wanneer daardie sinvolle lewensruimte bedreig word. 812 UTS 7/3 (1991) / P Labuschagne Die volkskerkgedagte aanvaar die gegewe werklikheid van n volkeverskeidenheid in die wêreid, en wil daarom nie inbreuk maak of onnatuurlike dwang toepas op vrye volksassosiasie nie. Dit vra nie van n volk dissosiasie nie. Binne die raamwerk van die Skrif ten opsigte van die een, heilige, algemene, Christelike kerk wil die volkskerk alieen organisatories respekteer wat bymekaar hoort. In hierdie sin wii die kerk kérk vir die volk wees - en daarmee saam n organisasie daarstel waarbinne die volk, op basis van die gedoopte verbondsvolk, die beste bereik kan word met die evangelic, n Soortgelyke organisasie word aan elke ander volk en mens, wat daarvoor kies, gegun. Die volkskerkgedagte adem nie die ongeduldige imperialisme van daardie siening wat almal in een kerklike organisasie wil indwing nie. Die volkskerk bly slegs n praktiese ordening vir diegene wat daarvoor kies en raak nie die wese van die kerk wat vir alle mense oop is nie. 2. DIE BENADERING VAN DIE SAMELEW INGSTEOLOGIEë TEN OPSIG TE VAN KERK EN VOLK 2.1 Siening van die kerk: Een kerkorganisasie vir alle mense Die samelewingsteologiee is deel van één wêreldbeweging wat, in die strewe om te werk vir n beter wêreld waarin geregtigheid sal heers, oor die grense van volke, kerkverskille en geografiese oorspronge been kyk. Hierdie teologiee werk daarom met één kerkorganisasie vir één ondeelbare mensdom (wat slegs in individue te onderskei is, en nie in groepe of volke nie). Dit is in die algemeen gesien. Uit historiese gegewens word wat pas gesê is, duidelik. Die ekumeniese beweging, en veral dan die W êreldraad van Kerke wat in 1948 in Amsterdam gestig is, is die groot measgemaakte organisatoriese mag van waaruit die sam elewingsteologieë opereer. So het die Teologie van Revolusie byvoorbeeld, via die W êreldraad van Kerke se Konferensie oor Kerk en Samelewing in Genêve (1966), sy verskyning gemaak op die V ierde Algemene Vergadering van die W êreldraad van Kerke in Uppsala (1968). En so het die Teologie van Bevryding sy bevestiging gevind in die Vyfde Algemene Vergadering in Nairobi gedurende 1975 (Labuschagne 1987: 49v, 63v). Tydens die W êreldraad van Kerke se Wêreldkonferensie oor Kerk en Samelewing ( Church and Society ) in Genêve gedurende 1966 het die W ereldraad van Kerke se sekretaris-generaal, Visser t Hooft, die gedagte van verantwoordelike samelewing ( responsible society ), wat sedert Amsterdam (1948) sy verskyning gemaak het, verder uitgebrei met die voorstel van verantwoordelike mense wat deelneem aan n wêreldgemeenskap waarin almal die verantwoordelikheid vir die algemene welvaart aanvaar. Twee jaar later by die Uppsala-vergadering van die W êreldraad van Kerke (1968) is die frase verantwoordelike wêreldsamelewing ( responsible world so- ISSN UTS 7/3 (1991) 813 Modcrne samelewingstcologicc ciety ) ingevoer. Visser t Hooft het hierdie frase verder gesubstansieer deur te ver- duidelik dat die Amsterdam-vergadering van 1948 die klem gelê het op ekonomiese geregtigheid binne nasies, terwyi die middel-1960s die vernaamste vraagstulc gesien het as internasionale ekonomiese geregtigheid (Lefever 1979:15). Oor die sigbare eenheid van die kerk wat oor die grense van volk, denominasie en land heen gedemonstreer moet word, het die Derde Algemene Vergadering van die W êreidraad van Kerke in Nieu Delhi (1961) die volgende uitspraak gemaak; Ons glo dat die eenheid, wat sowel God se wil is as sy gawe aan sy Kerk, sigbaar gemaak word wanneer in eike plek almal wat in Jesus Christus gedoop is en Horn as H eer en Heiland bely, deur die Heilige Gees saamgebring word tot een volkome toegewyde gemeenskap, wat in die een apostoliese geloof bly, die een Evangelie verkondig, die een brood breek, saam bid en een gemeenskaplike iewe ken, wat hulie in getuienis en diens tot almal rig; en wat tegelykertyd verenig is met die heie Christeiike gemeenskap, op alle plekke en in alle tye, op sodani- ge wyse dat ampsdraers en lede deur almal aanvaar word en dat almal saam kan handei en spreek waar dit nodig is ter wilie van die take waartoe God sy volk roep. Ons glo dat ons vir die eenheid moet bid en werk. (Berkhof & De Jong 1967:323; my vertaling) Van die eenheid oor denominasiegrense heen, sê Norman: Een van die treffendste ontwikkelinge van die laaste twintig jaar was die wyse waarop alle kerke - Katoliek, Ortodoks en Protestants - in bykans dieselfde mate gereageer het op sekulêre politieke ideologieë. Daar is gevolglik vir die eerste maal in die geskiedenis geen groot ver- skille in die sosiale prioriteite van die vernaam ste kerke nie. Die enigste betekenisvolle modifikasie hierop is die klemverskil wat te wy- te is aan die verdeeldheid tussen hulle wat aansluiting gevind het by die Marxistiese sosialisme van die Oos-Europese blok, en hulle wat die liberale sosiale radikalisme met al sy Marxistiese retoriek van die Weste en van die ontwikkelende wêreld geabsorbeer het. (Lefever 1979:51; my vertaling) In sy strewe na eenheid wil die Wêreldraad van Kerke homself beslis nie laat terug- hou deur n skeiding tussen nie-kommunistiese en kommunistiese Christene nie; in hierdie verband sê Cox van die W êreldraad van Kerke se Genêve-Konferensie (1966): 814 UTS 47/3 (1991) J P Labuschagne Ek hoop nie dat daar voortgeploeter sal word op die steriele en af- standse verdeeldheid tussen die sogenaamde Vrye en die sogenaamde kommunistiese wêreld nie. Die kongres te Genêve het met hierdie verouderde opvatting totaal gebreek. Die deelnemers uit die lande m et n min of m eer gevestigde komm unistiese sisteem het hoege- naamd geen rede om hulie as buitestaanders te beskou nie. Die kongres het op geen enkeie wyse die kommunisme veroordeel nie. Dit het veeleer aan hierdie C hristene gesuggereer om na verm oë die kommunistiese lande te help in die nastrewe van regverdige en mens- like doelstellings. (Cox 1968:13; my vertaling) Van alle Christelike verteenwoordigers uit die arm lande sê Cox (1968:14): Ook hierdie mense behoort tot die ekumene. Om van hulle geskei te lewe, bestendig wel deeglik die sonde van verdeeldheid (my vertaling). Van samewerking tussen Protestante en Roomse Katolieke sé hy; Heel besonder het tydens die kongres te Genêve die sterk verbeterde verhouding tussen die Wêreldraad van Kerke en die Rooms-Katolieke Kerk na vore getree...dit blyk immers steeds duideliker dat n samewerking tussen die Vatikaan en die W êreldraad van Kerke - juis om- dat die kerke een van die omvangrykste buite-parlementêre instansies vorm wat op die gebied van ekonom iese ontw ikkeling beweeg - enorm baie daartoe sal kan hydra om hierdie ontwikkeling vry te hou van eksploitasie en onreg, om tot n daadwerklike wêreldgemeenskap te kom. (Cox 1968:12; my vertaling) Die W éreldraad van Kerke openbaar in sy handelswyse n imperialisme wat, vanuit sy burokrasie, alle kerke oor die hele wêreld wil indwing by hulle skemas. Die een- heidsmag, deur resolusie-van-die-meerderheid, het immers nou die hoogste gesag in die W êreldraad van Kerke Die Veroordeling van rassismc Die samelewingsteologieë het deur middel van sy organisatoriese arm, die ekumeniese beweging, toenem end openbaar dat hulle van die wêreld n bekering tot kleurblindheid verwag (Blake 1966:159). Reeds by die stigtingsvergadering van die W êreldraad van Kerke in Amsterdam in 1948 word verklaar: [0]ns...maak beswaar teen...diskriminasie of segregasie op grond van ras of kleur (Lefever 1979:15; my vertaling). Die Evanston-vergadering van die W êreldraad van Kerke in 1954 was ISSN HTS 47/3 (1991) 815 Mcidenic samclcwingstcologieé skerper in die veroordeling van kolonialisme en rassisme; die Evanston-rapport oor rasse- en etniese spanning het n groot bydrae gelewer om n volgehoue kampanje op die been te bring teen alle vorme van rassediskriminasie, en stel onder andere: Rasse en etniese vrese, haat en vooroordeel is meer as sosiale probleme...dit is al- les sondes teen G od en sy gebooie (Lefever 1979:18; my vertaling). By die Cottes- loevergadering in 1960, waar die W êreldraad van Kerke die Suid-Afrikaanse Kerke (wat lid was van die WRK) ontmoet het, is in dieselfde rigting gepraat. Onder andere is by Cottesloe gesê: Niemand wat in Jesus Christus glo, mag op grond van sy vel- kieur of ras uitgesiuit word van enige kerk nie. Die geestelike eenheid onder alle mense wat in Christus is moet sigbare uitdrukking vind in dade van gesamentlike erediens en getuienis... (Cottesloe Consultation 1961:74; my vertaling). Evanston het opdrag gegee vir die daarstelling van n spesiale sekretariaat vir rasse- en etniese verhoudinge en vir die implementering van die rapport oor rasse- spanninge. Vir hierdie sekretariaat word egter nie begroot voor die W êreldraad van Kerke se vergadering in Nieu Delhi (1961) nie. Na die W êreldraad van Kerke se al- gemene vergadering van U ppsala (1968) word die sekretariaat uiteindelik opge- neem in die Program to Combat Racism (PCR), wat voortaan die stryd sou lei teen rassisme. In paragraaf 87 en 90 van die rapport oor Strukture van Ongeregtigheid en die Stryd om Bevryding het die vyfde algemene vergadering van die W êreldraad van Kerke in Nairobi in 1975 só standpunt teen die Republiek van Suid-Afrika inge- neem: Suid-Afrika wat die lig laat val op rassisme in sy mees blatante vorm, moet hoë prioriteit vir die aandag van die lidkerke behou. Apartheid is daar alleen moontlik met die ondersteuning van n groot getal Christene. Lidkerke word aangemoedig...om te werk vir die onttrek- king van investering en die beeindiging van banklenings; om wit mi- grasie te stop. Hierdie aangeleentheid is reeds deur die WRK aange- moedig en ons beveel dit vir die dringende optrede van lidkerke aan. Die im plem entering hiervan sou n effektiewe bydrae tot die stryd teen rassisme lewer...in dit alles behoort die kerke n bewuste poging aan te wend om self n model te wees van nie-rassistiese gemeenskap- pe. (Lefever 1979:85; my vertaling) In die rapport van die Sentrale Komitee van die Wêreldraad van Kerke aan die Nai- robi-vergadering (1975) word, onder die afdeling wat handel oor die Program to Com bat Racism in verwysing na Suid-Afrika, so oor die program berig: D eur sy Spesiale Fonds het dit verskeie groepe en organisasies van die rasse-onderdruktes 816 HTS 47/3 (1991) J P L abuscha/pe en die organisasies wat slagoffers van rasse-ongeregtigheid oor die wêreld help, ondersteun, en besondere iclem gelê op die stryd om bevryding in Suid-Afrika... (Jnhnson 1975:155; my vertaling). n Program is ontwiiclcel waarvolgens n beroep gedoen word op die lidkerlie van die W êreldraad van Kerke om al hulle invloed te gebruik om druk uit te oefen op besigheidskorporasies wat investeer in Suidelike Afrika om te onttrek en daarop te wys dat sulke instansies verantwoordelik gehou word vir hulle ekonomiese, poiitieke en morele steun ter versterking van apartheid en kolonialisme (Johnson 1975:156, 157). Die Sentraie Komitee het in 1972 by Utrecht besluit dat die W êreldraad van Kerke sy investering moet staak in korporasies wat direk betrokke is by investering of handel met Suidelike Afrika. As n internasionale liggaam en ekumeniese Chris- teiike stem in die wêreld het die Wêreldraad van Kerke n simboliese optrede daar- gestel wat n morele leiding bied. Met die oog op die ondersteuning van Hdkerke in hierdie verband, is lyste van korporasies gepubliseer wat in Suidelike Afrika investeer. n Ondersoek na die internasionale bankwese was n verdere konsek- wensie van die besluit wat by Utrecht geneem is. n Lys is saamgestel van banke in verskillende lande wat tans betrokke is by lenings aan die Suid-Afrikaanse regering en sy agentskappe. In 1974 het die Sentraie Komitee opdrag gegee aan die D epartem ent van Finansies van die W êreldraad van Kerke om in verbinding te tree met sekere van hierdie banke om die versekering te verkry dat hulle sal ophou om sulke lenings toe te staan en magtiging te verleen dat toegesien sal word dat geen WRK-fondse gedeponeer word by hierdie banke indien bevredigende resultate nie ontvang word nie. (Johnson 1975:157; my vertaling) Die Time Magazine van 2 Oktober 1978 het op bladsy 46 - onder die opskrif, Going Beyond Charity - die W êreldraad van Kerke aangehaal dat hy uitdruklik sê dat anti-rassisme-skenkings gemaak word om die W êreldraad van Kerke in staat te stel dat hy Verder gaan as barmhartigheid en self betrokke raak by die herverdeling van mag (Lefever 1979:37). Blake (1966:159), Sekretaris-generaal van die Wêreldraad van Kerke gedurende , sien die rasseprobleem as die hoofoorsaak vir ver- deeldheid in die wêreld. Vervolgens sê hy; Toe die kerke egter nie daarin slaag om verder te gaan en te sorg dat daar so gou moontlik n nuwe, pluralistiese, nie-diskriminerende pa- troon van ra.sseverhoudinge ontstaan nie, sowel in hierdie land as elder
Related Search
We Need Your Support
Thank you for visiting our website and your interest in our free products and services. We are nonprofit website to share and download documents. To the running of this website, we need your help to support us.

Thanks to everyone for your continued support.

No, Thanks